WIE IS ONS

Vleis vir Hoop is gestig deur Tienie Hattingh en At-Jan Botes in 2021 en is gebore uit hulle gedeelde liefde vir die jagbedryf en gemeenskapsbetrokkenheid en uitreik na behoeftiges daarin.

Tienie is mede-eienaar van Wildman George, ’n wapen en buitelewe winkel wat die Tuinroete in die Suid Kaap bedien. Hy staan aan die hoof van logistiek en finansies vir Vleis vir Hoop.

At-Jan is ’n familievriend en kommersiele prokureur, gebaseer in George. Hy staan aan die hoof van bemarking en fondsinsameling vir Vleis vir Hoop.

Vleis vir Hoop het as doelwit om behoefdige bejaardes en die instansies waar hulle versorg word en hulp kry op n volhoubare wyse te ondersteun. Die doelwit word virwesenlik deurdat wildsvleis as n gesonde brond van kwaliteit protiene aan diesulkes geskenk word op n maandelikse basis.

Die bejaardes wat ondersteun word is gewone staatspensioen trekkers (SASSA) wat van ’n skamele R2000 per maand moet oorleef. Sommiges bevind hulself op straat en die gelukkiges in ouetehuise wat ongelukkig nie genoegsaam ondersteuning kry deur die bestaande staatstrukture nie.

Sonder die oop harte van veral ons Suid Afrikaanse jagters kan Vleis vir Hoop nie die verskil maak wat nodig is nie.

Vleis vir Hoop: Jou Jag, Hulle Hoop!

Tienie Hattingh

At-Jan Botes 

'n Groep jagters wat saam met ons gaan jag het om vleis te skenk gedurende die jag in Mei 2026.

Wildman George is reeds van die begin af betrokke by Vleis vir Hoop

Bounty Game and Meat is gebaseer in Mosselbaai en is een van die slaghuise wat ons vleis vir bejaardes gratis verwerk.

Hartman & Sons is gebaseer in George en is een van die slaghuise wat ons vleis vir bejaardes gratis verwerk.